Nocturne is ’n mosaïek van kleur en inspirasie
Die VLU se Nocturne-tak se mosaïek-kunswerke kan in enige galery staan en sal dadelik die aandag trek.
Die Vroue Landbou-Unie se Nocturne-tak het gesellig gekuier tydens ’n unieke en inspirerende mosaïek-werksklas.
Die lede het vir die geleentheid op 13 Junie by Kunsmyn ingeloer, waar die rustige en kunstige omgewing die perfekte agtergrond gevorm het vir ’n oggend propvol kleur en handvaardigheid. Dit was ’n ideale geleentheid vir die vroue om nuwe tegnieke aan te leer en terselfdertyd hul passie vir handwerk te deel.
Onder leiding van die kundige fasiliteerder, Lizette de Beer, het die lede geleer hoe om verskillende gekleurde teëls, glasstukkies en porselein op die regte manier te sny, te rangskik en te plak.
LEES MEER Die VLU Nocturne se oop harte is die grootste winskopie
Die eindprodukte het gewissel van spoggerige dekor-items tot pragtige kunswerke.
Tussen die gesellige geselsies en handewerk deur is daar lekker gekuier en idees uitgeruil.
Die tak het die dag met vol harte, kreatiewe inspirasie en pragtige mosaïek-skeppings afgesluit.















Liefde was in die lug by die VLU Nocturne-aandvergadering
— WitbankNews (@WitbankN) February 9, 2026
Sien foto’s hier: https://t.co/i8GyINgAEx#WitbankNuus #Witbank #VLU
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
