Oud-polisieman vertel van vanoggend se mis op die N12
Drie ongelukstonele is vanoggend aangemeld toe die mis die Hoëveld omhels het.
Oud-brigadier Danie Hall die voormalige provinsiale bevelvoerder van die Valke se ernstige korrupsie ondersoeke en sy vrou Wanda, moes ry vir ’n vergadering wat Wanda moes bywoon vanoggend en eerstehands ervaar het hoe gevaarlik dit is om in die mis te ry.
“Ek het afgetrek op ’n sementblad met geel strepe net ’n entjie na die S-draai. Ek en Wanda het die bultjie uitgeklim en gewag tot die mis verdwyn. As hulle my kar flenters ry, dan het hulle dit maar gedoen,” het Danie vertel.
Hy het gesê dis verskriklik om die voertuie en die trokke te hoor ry, maar hulle nie te sien nie.
“Dis ‘scary’. Daar was ’n bakkie met ’n lang sleepwa voor ons sonder ligte. Ons kon net sy ‘hazards’ sien. Jy ry stadig, maar jy weet nie wie ry agter in jou vas nie,” het Danie vertel.
Hy het gesê hy sal nie weer die N12 Johannesburg toe ry nie.
“Ek sal op die N4 ry en by Bronkhorstspruit afdraai. Die N12 sien my nooit weer nie.”
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za