Gholfdag laat die sente inrol vir studente en straatbediening
Paul Manarte, wat die gholfdag gereël het, het almal bedank vir hul bydrae om dit ’n sukses te maak.
Wanneer gholfspelers ’n rondte of twee vir liefdadigheid speel, doen hulle dit met oorgawe.
Op 19 Junie het plaaslike gholfspelers hulle stokke afgestof en 18 putjies aangedurf tydens ’n gholfdag wat deur Casa Portuguesa aangebied is.
Tussen die bofhoue, dryfhoue, voëltjies en brouhoue is daar heerlik gekuier.
Dit was veral na afloop van die prysuitdeling waar die spelers hulle omgeeharte gewys het.
Hulle het hulle beursies oopgemaak en ’n indrukwekkende R15 000 vir Solidariteit Helpende Hand se studentefonds ingesamel.
LEES MEER Luister na Dawie Roodt by die Hoop-sake-ontbyt wat in eMalahleni plaasvind
Benewens dié hupstoot vir studente, is daar ook R1 700 ingesamel vir Shack Ministries se waardevolle werk onder leiding van pastoor Deon Scheepers.
Baie dankie aan Vikela Game Breeders vir die skenk van die drie bokke wat opgeveil is ten bate van die studentefonds en ook aan MidWit Diesel vir die dieselgeskenkbewys wat fondse geïn het vir Shack Ministries.







































































Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
