Local newsNews

Transalloys sit oonde af

Hoewel die moontlikheid reeds in Desember voorspel is, het die nuus dat Transalloys sy oonde afgesit het, eMalahleni soos ’n vuishou getref.

In Desember het die nuus reeds gebreek dat Transalloys moontlik sy oonde sou moes afskakel ná jare van aanhoudende finansiële verliese, terwyl onderhandelinge oor elektrisiteitstariewe met Eskom en die regering voortgeduur het.

Daardie waarskuwing het dié afgelope week werklikheid geword toe die mangaansmelter sy oonde afgeskakel het.

LEES MEER Toekoms onseker vir Transalloys


Solidariteit se sektorkoördineerder in eMalahleni, Cornelius van Leeuwen, het gesê indien daar nie teen 31 Julie ’n volhoubare oplossing gevind word nie, kan die smelter permanent sluit.


Volgens Van Leeuwen is die aankondiging ’n ernstige terugslag vir ’n nywerheid wat reeds jare lank onder geweldige druk verkeer.


“Ons het onlangs gesien oplossings is wel moontlik toe verbeterde elektrisiteitstariewe ondernemings soos Samancor en Glencore-Merafe in staat gestel het om hul afleggingsprosesse te staak. Daardie ooreenkoms behoort as ’n model vir die res van die smelterbedryf te dien. Transalloys se situasie is daarom besonder kommerwekkend, omdat soortgelyke sekerheid nog nie vir die oorblywende smelters bereik is nie,” het Van Leeuwen gesê.


Hy het gewaarsku dat elke smelter wat sy deure sluit nie net werkverliese meebring nie, maar ook die verlies van kritieke vaardighede, ekonomiese aktiwiteit en Suid-Afrika se vermoë om waarde tot sy eie minerale hulpbronne toe te voeg.


“Ons hoop ’n volhoubare oplossing word spoedig gevind voordat hierdie situasie onomkeerbaar raak.”


Van Leeuwen het bygevoeg dat Solidariteit die situasie noukeurig sal monitor en moontlike verdere betrokkenheid sal ondersoek, insluitend gesprekke met die regering en ander rolspelers om te help voorkom dat die oorblywende smelters dieselfde pad volg as soveel ander nywerheidsaanlegte in Suid-Afrika.


Die vakbond Cosatu het intussen ook ’n dringende beroep op die regering en Eskom gedoen om ’n oplossing te vind.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button