Local newsNews

Carpe Diem kuier en klets

VLU lede het lekker saamgekuier en nuwe vaardighede uitgeruil by die Carpe Diem-streek se kuier en klets oggend.

Dit was ’n bedrywige oggend toe lede van die VLU se Carpe Diem-streek by die AGS Oasis-kerk bymekaargekom het vir ’n dag propvol kreatiwiteit.


Ses verskillende takke het die geleentheid op 11 Julie bygewoon, met elke tak wat verantwoordelik was vir sy eie werkstasie.

Hier het die dames hul kennis en vaardighede met mekaar gedeel en mekaar touwys gemaak in onder meer seepmaak, die maak van servetringe, handgemaakte kaartjies, magnete en viltsakkies.

Geniet die foto’s saam met ons

LEES MEER Kom geniet die VLU Carpe Diem-streek se jaarafsluiting saam met ons


Volgens die Carpe Diem-streek se voorsitter, Marcelle van Vuuren, was die oggend ’n reuse sukses.


“Dit was die ideale geleentheid vir die dames om nuwe vaardighede aan te leer, idees uit te ruil en lekker saam te kuier,” het sy gesê.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button