Local newsNews

Gebede gevra ná dokters bevestig 19-jarige het breinbesering opgedoen

Dokters het Brandon se sedasie gestop, maar hy word nie wakker nie.

Daar is vandag ’n CT-skandering op Brandon Joubert gedoen en dokters het bevestig dat die 19-jarige seun se brein beseer is weens die impak van die ongeluk waarin hy verlede naweek betrokke is.

LEES MEER 2 jong seuns in die hospitaal na ernstige botsing

Familie vra volgehoue gebede vir Brandon

Brandon se ma, Lizelle Joubert, het ’n boodskap op sosiale media geplaas: “Ons glo egter dat God die laaste woord het. Ons vra elkeen om asseblief saam met ons te bid dat God elke sel, elke senuwee en elke bloedvaatjie in Brandon se brein volkome sal herstel.”

LEES MEER Brandon word stadig uit sedasie gehaal – Stephan gaan môre in vir operasie

Stephan Greyling (16), ’n leerder van die Hoër Tegniese Skool wat ook in die ongeluk beseer is, het gister ’n operasie ondergaan om gesigsfrakture te herstel.

Brandon se ouma, Rina Burger, het gesê dit gaan onder die omstandighede goed met Stephan.

Vermoede dat stopteken op die grond gelê het

Die botsing het verlede Saterdag by die kruising op die R545 plaasgevind.

Die vermoede bestaan dat die seuns nie die stopteken by die kruising gesien het nie, omdat dit op die grond gelê het.

Die AfriForum-span het vandag navraag gedoen oor die stopteken ten einde dit weer op te rig en verdere ongelukke te verhoed.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button