Brandon is nog nie wakker nie – familie vra vir aangehoue gebede
Brandon Joubert is nog steeds nie wakker nie en sy familie klou vas aan elke sprankie hoop.
Dis al 18 dae vandat Brandon Joubert in die hospitaal opgeneem is nadat hy ernstig in ’n motorongeluk beseer is.
LEES MEER “Hou asseblief aan bid vir Brandon,” pleit ma
Brandon se ma, Lizelle Joubert, het gister die goeie nuus op sosiale media gedeel dat die meeste breinbloeding opgeklaar het.
“Die oorblywende bloeding is baie minder en daar is geen beduidende verskuiwing van die brein nie,” het Lizelle geskryf.
Brandon is steeds in ’n koma – dokters bevestig breinskade. Daar is ’n BackABuddy-veldtog vir hom begin
— WitbankNews (@WitbankN) August 11, 2026
https://t.co/DCSOEFgln9 #BrandonJoubert @WitbankN #Brandon pic.twitter.com/5bf1olBx6Q
Brandon is steeds nie wakker nie, maar Lizelle sê daar is hoop. Sy familie het gevra dat die gebede nie moet opdroog nie.
“Hou asseblief aan om te bid vir genesing en dat Brandon sal wakker word en ’n volkome herstel en wonderwerk. God is steeds in beheer.”
Dokters gaan vanoggend ’n voedingsbuis in Brandon se maag sit.
Dit gaan baie goed met Stephan Greyling (16) wat saam met Brandon in die botsing was.
LEES MEER Hier het die botsing plaasgevind
Die twee seuns was op pad om te gaan visvang toe die botsing op 1 Augustus gebeur het.
Hulle was nie bewus dat daar ’n stopstraat by die R545-kruising tussen Ga-Nala en Ogies was nie omdat die stopteken omgery was en ’n entjie verder langs die pad gelê het.
Hulle het klaarblyklik oorgery en met ’n aankomende klein vragmotor gebots.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
