Local newsNews

Brandon het sy oë vir ’n rukkie oopgemaak

Brandon Joubert se familie het aangedui dat hulle begin soek het na ’n rehabilitasiesentrum vir die 19-jarige wat vroeër die maand ernstig in ’n botsing beseer is.

Brandon Joubert het oor die naweek sy oë vir 40 minute oopgemaak.


Die 19-jarige, wat op 1 Augustus in ’n motorbotsing beseer is, het egter nog nie sy bewussyn herwin nadat dokters hom uit sedasie uitgehaal het nie.

LEES MEER 2 jong seuns in die hospitaal na ernstige botsing


Brandon se ma, Lizelle, sê terwyl hulle wag vir ’n wonderwerk, moet hulle ook regmaak vir die volgende stap.


Hulle het begin rondkyk vir ’n rehabilitasiesentrum waar Brandon gespesialiseerde sorg en terapie kan kry.


Dokters het bevestig dat hy breinskade opgedoen het, maar daar kan nie vasgestel word wat die omvang daarvan is tot hy wakker word nie.


Brandon en ’n vriend, Stephan Greyling, was op pad om te gaan visvang toe hulle na bewering oor ’n stopstraat op die R545-kruising tussen Ogies en Ga-Nala gery het. Hulle het met ’n klein vragmotor gebots.

LEES MEER “Hou asseblief aan bid vir Brandon,” pleit ma


Die vermoede bestaan dat hulle nie die stopstraat gesien het nie omdat dit omgery was en langs die pad gelê het.


Daar is ’n BackABuddy-veldtog begin om die familie te help met onvoorsiene kostes.

Gaan kliek gerus op die skakel om by te dra.


Brandon is ’n oudleerling van Hoërskool Generaal Hertzog.

LEES MEER Brandon word stadig uit sedasie gehaal – Stephan gaan môre in vir operasie


Dit gaan intussen beter met Stephan.

Hy is vir ses weke van die skool afgeboek.


Die boodskappe van onderskraging en gebede stroom steeds in en Brandon se ouma, Rina Burger, het gevra dat die gemeenskap nie moet ophou bid nie.

LEES MEER Hier het die botsing plaasgevind

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button