Oud-Pannies skoolhoof sterf
Laerskool Panorama se oud-skoolhoof is aan hartversaking oorlede.
Laerskool Panorama se voormalige skoolhoof, mnr. Ockert Oosthuizen, is oorlede.
Volgens sy dogter, Elsamarie Riekert, is hy op 21 Augustus aan hartversaking oorlede.
Mnr. Oosthuizen het die leisels by die skool van Januarie 1982 tot Desember 2001 gehou.
Ná sy aftrede het hy en sy vrou, Elsie, nog ’n ruk in eMalahleni aangebly voordat hulle Pretoria toe verhuis het. Hulle het die afgelope 12 jaar in die Protea Aftreeoord gewoon.

Hy laat Elsie, en hul kinders, Elsamarie, Ronel le Roux en Ockie Oosthuizen, asook ses kleinkinders agter.
Sy begrafnis vind eerskomende Vrydag om 11:00 plaas vanuit die NG Kerk Sesmylspruit, Von Willichlaan 208 in Centurion.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
