Local newsNews

“Ons glo in jou champ,” sê Springs se o. 18-rugbyspan en wen hul wedstryd

Springs Rugbyklub se o. 18-span het die afgelope naweek hul wedstryd teen Brakpan vir Brandon gewen.

Die o. 18-rugbyspan van Springs het dié naweek hul wedstryd teen Brakpan met 28-0 gewen.


Dit was nie net ’n gewone wedstryd nie – dié 80 minute op die veld is geïnspireer deur Brandon Joubert, wat ná ’n maand in die hospitaal ná ’n motorbotsing nog nie wakker geword het nie.

LEES MEER 2 jong seuns in die hospitaal na ernstige botsing


Die span se afrigter, Theuns Brooks, ook bekend as NoddyTunes (hy skryf AI-musiek), het vertel dat die inspirasie vir die wedstryd en ook die lied wat die span aan Joubert opdra, posgevat het toe een van die spelers, Zain Körner, gesê het hy wil graag Brandon se naam dra en die wedstryd vir hom speel.

Die o. 18-rugbyspan van Springs se gewrig-strappings.

“Zain ken Brandon nie persoonlik nie, maar sy verhaal het hom diep geraak. Hy het ook gesê dat hy al ’n geruime tyd vir Brandon bid,” het Brooks gesê.


Die hele span het uiteindelik besluit die wedstryd word vir Brandon gespeel.

LEES MEER “Hou asseblief aan bid vir Brandon,” pleit ma


Elke speler het Brandon se naam, asook Filippense 4:13 – “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” – op hulle arm-strappings geskryf.

Terwyl die span saamgebid het, het hulle ’n belofte gemaak en gesê: “Soos Brandon gaan aanhou veg en sy stryd wen, sal ons ook vir hom veg en die wedstryd wen.”


Brandon se verhaal het Brooks se kreatiwiteit geprikkel en saam met sy vriend, Stormklanke, het hulle ’n lied vir die 19-jarige geskryf.

“Ons deel dieselfde liefde vir sport, en hoewel ons hom nog nie persoonlik ontmoet het nie, staan ons 100% agter Brandon,” het Brooks gesê.


Wanneer Brandon wakker word, beplan die span om na eMalahleni te reis om hom te kom ontmoet en hom te vertel dat hy hulle geïnspireer het tot iets groters as rugby.

“Ons oorwinning was nie net oor die 28-0-telling nie, maar oor geloof, spanwerk en ons belofte aan Brandon. Ons staan agter jou en ons glo jy gaan weer hardloop, champ.”

Brandon se BackaBuddy veldtog word weer gedeel.

Kliek hier as jy wil bydrae vir die nasorg wat hy gaan nodig kry.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button