Local newsNews

Ma beskryf Brandon se operasie as ’n wonderwerk

Die dokters het voor die prosedure gebid en ná slegs twee ure was hulle klaar met die rekonstruktiewe operasie aan Brandon Joubert se gesig.

“Ek glo God was in die teater saam met Brandon.”
Dít was die woorde van Lizelle Joubert, ma van die jong man wat reeds meer as ’n maand in die hospitaal is ná ’n ernstige motorongeluk.

Lees meer Twee jong seuns ernstig beseer in botsing


Brandon Joubert het gisteraand vir die rekonstruktiewe operasie aan sy gesig gegaan en Lizelle het gesê die skade wat die dokters gevind het, was amper niks in vergelyking met die skade wat die skanderings gewys het nie.
Daar was geen skade aan sy voorkop nie.

n Klein breuk by sy oogkasarea is met ’n plaatjie en skroewe herstel.

Die breuk tussen sy oor en sy oog is ook met ’n plaatjie geheg.

Lees meer ‘Hou aan veg, Brandon!’ pleit ma


Lizelle het gesê die dokters het voor die operasie vir Brandon en die hele mediese span gebid.
Die operasie het twee ure geduur.


“God is besig met Brandon terwyl hy veg om wakker te word. Gisteraand was deel van daardie wonderwerk,” het sy gesê.


Brandon se ouma, Rina Burger, het gevra dat mense nie moet ophou bid nie.

Sy het ook gesê Brandon sal moet gaan vir rehabilitasie en daarvoor het hulle ’n BackABuddy-veldtog begin.


Klik hier om ’n bydrae te maak.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button