Local newsNews

Reuse-waterrekening laat Leo Plaza-besighede boos

Leo Plaza se besighede is gefrustreerd omdat hulle geen hulp van die munisiplaiteit ontvang nie.

’n Reuse-waterrekening laat klein besighede by Leo Plaza met meer vrae as antwoorde.


Met ’n rekening van meer as R77 000, is die besigheidseienaars woedend omdat hulle geen verduideliking van die plaaslike munisipaliteit kry nie.


Volgens die munisipaliteit is ’n nuwe watermeter geïnstalleer, maar inwoners sê hulle kry ná ’n deurtastende soektog net ’n leë gat.


Nadat hulle in Junie die skokrekening ontvang het, het hulle die saak by die munisipaliteit gaan opvolg.


“Die watermeter het in Januarie 2023 gebars, en ons het aangeneem die munisipaliteit het destyds ’n nuwe meter ingesit. Met ons besoek aan die munisipaliteit drie jaar later het hulle gesê hulle sal iemand stuur om seker te make daar is wel ’n meter,” het Celia Alheit, wat die munisipale rekening vir die groepie besighede hanteer, gesê.

Lees meer Seun eis antwoorde nadat ma se liggaam in lykshuis ontbind


’n Week later het hulle weer die munisipaliteit besoek, waar daar van nuuts af volgehou is dat die meter wel bestaan.


Op 8 Julie het ’n munisipale werker op die toneel opgedaag en ook gesoek, maar geen watermeter gevind nie.

Lees meer Die Sonopmark is altyd een van die hoogtepunte op eMalahleni se kalender


Vier maande het intussen verloop. Die rekening hoop steeds op en die munisipaliteit is steeds van mening dat daar ’n watermeter is. Intussen slaan hulle Leo Plaza met ’n vasgestelde tarief aan vir ongemeterde water wat duisende rande beloop.


Witbank Nuus het die munisipale woordvoerder, Lebo Mofokeng, om kommentaar genader, maar nes die watermeter, is dit steeds soek.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  website, Facebook, X,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button