CrimeLocal newsBreaking News

Man by sy huis in Klipfontein oorval en aangerand

Die verdagte het die huis binnegegaan waar hy die slagoffer aangerand het.

’n 68-jarige man is vanmiddag by sy huis in Klipfontein, Uitbreiding 16, deur ’n verdagte, wat al voorheen glo in die erf gesien is, oorval en aangerand.

Volgens die man se verloofde was sy by die werk toe die slagoffer haar gebel en ingelig het oor die voorval.

“Dit was een man wat my verloofde aangerand het en dit was nie die eerste keer wat dié man in die erf was nie. Ons het hom in Augustus ook in die erf gesien,” het sy gesê.

Sy het vertel dat die verneemde rower haar verloofde aangerand het met sy eie kruk.

“My verloofde het prostese in sy knieë en gebruik ’n kruk om oor die weg te kom. Hy is  met sy eie kruk op sy knieë geslaan.”

Die kruk is glo daarna stukkend geslaan op die slagoffer se rug.

Die verdagte het die slagoffer ook gebyt, met ’n stomp geslaan en ’n boor teen sy been gedruk en probeer boor.

Die slagoffer se geld is gesteel, voordat die verdagte op vlug geslaan het.

Lees die volle berig in volgende week se uitgawe van WITBANK NUUS.

 

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button