Jandro wil megatroniese ingenieurswese swot
Laerskool Krielpark se leerders se harde werk pluk nou die vrugte.
Laerskool Krielpark se slimkop het gesê hy wil eendag megatroniese ingenieurswese swot.
Jandro Venter, graad sewe leerder van Laerskool Krielpark is op 10 November vereer vir sy akademiese prestasies. Jandro is die beste leerder in die volgende vakke: Tegnologie 99%, ekonomiese- en bestuurswetenskap 98%, sosiale wetenskappe 92%, wiskunde 99%, natuurwetenskappe 94%, lewensoriëntering 92% en kreatiewe kuns 94%.

Hy gaan sy hoërskoolloopbaan by Hoërskool Ermelo begin.
Ziwe Tsewu het die Voortrekkerwinkels Wisseltrofee ontvang vir die beste akademiese prestasie in graad vier, Omontle Bontsi het die Amcoal Kriel Wisseltrofee ontvang vir die beste akademiese prestasie in graad vyf, Simoné Schimper het die Kriel Apteek Wisseltrofee ontvang vir die beste akademiese prestasie in graad ses en Jandro het die BG van Wyk Wisseltrofee ontvang vir die beste akademiese prestasie in graad sewe.

Duané Schönfeldt, Jandro Venter en Kamogelo Ratau van Laerskool Krielpark het provinsiale kleure ontvang vir landsdiens.
Awethu Mbeki (graad een), Sthabile Ndlovu (graad 2) en Amone van der Merwe (graad 3) is aangewys as Laerskool Krielpark se Dux-leerders in die junior fase.

Emil Nhlapo se stem laat jou stilstaan, omdraai en luister. Dié koorlid van Laerskool Krielpark is aangewys as die koorlid van die jaar.
Othandiweyo Manyaka aangewys as die senior Victrix Ludorum en Nkosingiphile Gama as die senior Victor Ludorum.
Zviko Shiri is aangewys as Laerskool Krielpark se hokkiespeler van die jaar tydens die skool se prysuitdeling. Dié hokkiester het gewys sy ’n gebore hokkiespeler.

Sit Janike Drotschie agter ’n boog en jy sien een kolskoot na die ander. Janike is aangewys as die beste boogskut vir die jaar.
Siboniso Ngubeni is ’n rugbyspeler van Laerskool Krielpark wat die jaar uitsonderlik goed gespeel het. Hy het die wisseltrofee ontvang vir speler van die jaar. Hy is ook opgeneem in die provinsiale span. Siboniso is die span se agtsteman.
Die volgende netbalspelers uitgesonder vir hul aksie op die netbalbaan. Dimpho Molope en Siyathanda Nkosi is aangewys as die beste verdedigers en Zviko Shiri het nie doele gemis nie. Sy is aangewys as die beste doelgooier van die jaar.

Laerskool Krielpark se langasems is Oda Matshavha wat aangewys is as die beste senior landloop atleet en Chloë-Ann Venter die beste junior landloop atleet.
Marizette van der Westhuizen het vanjaar die vislyne laat sing. Sy is aangewys as Laerskool Krielpark se hengelaar van die jaar.
Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking








