Pannekoeke vlieg by karnaval
By dié gewilde karnaval loop jy altyd weg met ’n stukkie van die VLU Nocturne-tak se hart.
Die gewilde VLU Nocturne-tak se wit olifant-karnaval was ’n reuse sukses gewees.
Die vrolike karnaval, wat op 30 Mei plaasgevind het, het oudergewoonte gesorg vir groot opwinding en ’n heerlike kuier atmosfeer onder die plaaslike inwoners.
Vir diegene wat opsoek is na ’n winskopie was dit die ideale geleentheid om tussen al die unieke winskopies en weggesteekte skatte rond te snuffel.
LEES MEER WITBANK NUUS het saam met die VLU Nocturne-tak meer geleer oor lekkerruik pomanders.
Die pannekoek was natuurlik die groot aantrekkingskrag en daar was 450 pannekoeke verkoop.
Danksy die VLU-dames se harde werk was die mark ’n reusesukses, en besoekers is met vol hande en hope goeie gees daar weg.
Gesonde gesprekke en goue vrugte by Nokturne se byeenkoms
— WitbankNews (@WitbankN) July 13, 2025
Lees meer hier : https://t.co/DGKZpfgz4g#Witbanknuus #eMalahleni #Witbank#VLU #Nokurne #dadels
Sien foto’s hier:








Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
