Luister na Dawie Roodt by die Hoop-sake-ontbyt wat in eMalahleni plaasvind
Dawie gaan gesels oor die komplekse ekonomiese en politieke kwessies wat tans die hoofrol speel in die wêreld.
Dawie Roodt het geen bekendstelling nodig nie. Dawie is een van Suid-Afrika se mees erkende en gerespekteerde ekonome, bekend vir sy duidelike en boeiende kommentaar oor komplekse ekonomiese en politieke kwessies.
Hy gaan op 8 Julie by die Helpende Hand se Hoop sake-ontbyt wees en hy gaan fokus op hoe besighede, ten spyte van ekonomiese druk, volhoubare hoop in gemeenskappe kan bou – ’n gesprek wat die sakegemeenskap direk raak.
Hannes Noeth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand gaan ook as gasspreker optree.
Sitplekke is beperk om die geleentheid persoonlik en strategies te hou.
Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut gaan ook opleidingsinligting uitstal.
Vir meer inligting, kontak Annemarie van Heerden, verhoudingsbestuurder van Solidariteit Helpende Hand by 082 829 2546 of epos Verdi@helpendehand.co.za.
Bespreek nou HIER
Nicolette maak eerste Comrades klaar
— WitbankNews (@WitbankN) June 20, 2026
Lees meer hier: https://t.co/tI22UeeOkq#witbanknuus #witbank #comrades pic.twitter.com/Lx7edIPQqX
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
