En die wenner is …… liefdadigheid
Drie liefdadigheidsorganisasies het elk R5 000 ontvang danksy die gemeenskap se deelname.
Highveld Mall het hul gewilde “shop-enter-win”-kompetisie in styl afgesluit.
Vir Antoinette Gibson en drie liefdadigheidsorganisasies was 26 Junie ‘n hoogtepunt.
Antoinette het weggestap met R20 000 se koopbewyse en die drie liefdadigheidsorganisasies het elk R5 000 gekry.
Die trekking het vir naelbyt-oomblikke gesorg. Daar was 12 finaliste en elkeen het ‘n genommerde koevert gekies, waarna slegs ses deelnemers na die volgende rondte deurgedring het.
Dié ses finaliste het elk twee ballonne gekry wat hulle moes dit stukkend steek en net drie finaliste het deurgegaan na die derde rondte.
Die deelnemers het elkeen ‘n confettibuis ontvang en moes die buise gelyktydig afskiet. Dit was Antoinette se goue confetti wat aan haar die groot prys besorg het.
As deel van die veldtog het Highveld Mall nie net hul kliënte bederf nie, maar ook uitgereik na die plaaslike gemeenskap en hulle genooi om op die sentrum se Facebookblad te stem vir liefdadigheidsorganisasies wat ‘n hupstoot verdien.
Meer as 1 700 stemme het ingestroom en danksy die gemeenskap se deelname het die DBV, die CMR en New Life Children’s Home ‘n welkome skenking ontvang.
Nicola Blake, Highveld Mall se bemarkingsbestuurder, het almal bedank vir hul entoesiastiese deelname.
“Ons sien daarna uit om in die toekoms meer sulke opwindende promosies aan te bied,” het Nicola gesê.






























READ MORE The race is on! Geringer Street businesses compete to collect the most winter blankets
Segen Films is showcasing eMalahleni’s creative talent at this year’s National Arts Festival
— WitbankNews (@WitbankN) July 2, 2026
Read mor here:https://t.co/Eab7zEWIvz pic.twitter.com/DoTtZxRLUN
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za