Nocturne-dames geniet ‘n sessie van besinning en groei
Joanél Kruger het die Nocturne-dames aangemoedig om hulself te omarm en te glo dat hulle genoeg is.
Die dames van VLU Nocturne het bymekaargekom vir ‘n inspirerende sessie en persoonlikheidsbepaling.
Onder leiding van spreker Joanél Kruger is die dames op 27 Junie aangemoedig om te glo: “Ek is genoeg” en “Ek is wie God sê ek is.”
Tydens die sessie is die “Blou/Orgidee”-persoonlikheidstipe bespreek. Lede het geleer dat hierdie pligsgetroue introverte waarde heg aan gehalte bo kwantiteit.
Lees meer hier:Nocturne is ’n mosaïek van kleur en inspirasie
Die dames het hul sessie met ‘n heerlike middagete afgesluit en ook ‘n geskenkpakkie vol verrassings ontvang.





































Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
