Local news

Biltongfees uit die boonste rakke

Buiten biltong en droëwors het die wildsvleis net soveel aandag geniet.

Nie eers die reën kon die atmosfeer by die Gereformeerde Kerk Hoëveld se Biltongfees demp nie.
Dié fees op 5 September het weer eens volpunte gekry.


Feesgangers het die kans gekry om heerlike wildsvleis, biltong en droëwors teen sakpaspryse te koop.
Die veiling was die hoogtepunt met onder meer wegbreke, bottels wyn en ‘n Nguni-vel wat opgeveil is.


Wat is nou lekkerder as basaargebak en daarvan was daar oorgenoeg.

“Ons het nou lekker geëet,” het die polisiekapelaan, pastoor Pierre Viljoen, gesê.

Hy het gesê die kerk oortref hulself elke jaar met die Biltongfees.

Lees meer Waars dit lekker? By die Biltongfees was dit lekker!

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button