Vissies onder slagoffers van Wyk 20 se kabeldiewe
Die Smit-kleingoed se harte breek elke keer as nog een van hulle vissies doodgaan.
Kabeldiewe is baie besig in Wyk 20.
Eergister was die wyk se krag weer af nadat kabels in Hertzogstraat gesteel is.
Vir die Smit-gesin is dit nie net die ongemak om sonder krag klaar te kom nie – hulle vissies vrek een ná die ander.
Lees meer Wyk 20 sukkel met kragonderbrekings
Biané is nou maar 18 maande oud, maar boetie Christo (6) se hart is baie seer, want hy verstaan nou al van die dood en dat diere nie seergemaak mag word nie.
“Vissies moet net liefde kry,” het die japsnoet gesê.
Mamma Bianca Smit is ook nou al raadop.
“Ons het die vissies ten duurste aangekoop vir die kinders. Die vissies alleenlik sonder die lig en verwarmer het amper R600 gekos,” het Smit gesê.
“Hierdie raak ’n duur storie.”
Elke keer as die krag afgaan, gaan die verwarmer af en dan vrek die vissies op ’n streep.
Van die nege vissies is daar nou net drie oor.
Lees meer Kusile reg om krag te voorsien
Later vanmiddag word daar ’n gemeenskapsvergadering by die NG Kerk Panorama in Adelastraat gehou om die misdaad in die area aan te spreek.
- Die vergadering begin 18:00.
Vir meer inligting, kontak die wyksraadslid Maureen Scheepers by 082 565 6770.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
