Langste inwoners wag op liefde
Die DBV het vier inwoners wat al lank na ’n familie soek wat hulle sal liefhê.
Liquorice, Stewart, Grizzly en Saartjie wag steeds op huise wat hulle hul eie kan noem.
Almal koer oor Liquorice se pragtige blou oë, maar dié Great Dane/Husky-kruising kry net nie ’n huis nie.
Liquorice is tussen vier en vyf jaar oud.
Wanneer jy naby sy hok kom, bekyk hy jou eers intens, waarna sy stert begin swaai en sy pragtige blou oë smeek dat jy hom saamneem huis toe.
“Liquorice loop oor van liefde. Hy het ’n spesiale plekkie in my hart,” het die DBV-bestuurder, Carike van Rooyen, gesê.

Van Rooyen het ook vir Stewart en Grizzly uitgesonder.
Stewart, ’n Rhodesiese rifrugkruising van ongeveer vyf jaar oud, het met die lelike kant van die lewe te doen gekry toe hy onkundig gekastreer is.

Hy het in die veld rondgedwaal voordat die DBV hom opgetel en na ’n veearts geneem het vir behandeling. Hy loop effens mank en Van Rooyen vermoed sy been was voorheen gebreek.

Die ongeveer 18 maande oue Grizzly is in Ackerville gevind nadat twee pitbullterriërs op hom losgelaat is. Hy het intussen mooi gesond geword.
“Stewart en Grizzly het die mooiste persoonlikhede. Hulle is so sag ten spyte van die wreedheid waardeur hulle gegaan het,” sê Van Rooyen.

Saartjie is in Steenkampstraat gevind met verskeie voorwerpe in haar maag wat ’n blokkasie veroorsaak het, en sy was erg ondervoed. Dr. Nolan Landman moes haar dringend opereer om die blokkasie te verwyder.
Saartjie pronk vandag soos ’n wafferse diva met ’n pienk strik om haar nek in die hoop dat iemand haar sal raaksien.
As een van die vierstuks jou hartsnare roer, gaan maak nader kennis deur hulle by die DBV te besoek.
Jy kan ook 013 650 2321 kontak vir meer inligting oor die aannemingsproses.
Lees meer Hou jou viervoet warm in die koue
It was all paws on the podium for eMalahleni dogs
— WitbankNews (@WitbankN) August 21, 2026
Read more here: https://t.co/0JT7tr8x0r#witbanknews #witbank #localnews pic.twitter.com/pRqLpaLVqo
Your city, your story, as it happens. Stay in the loop with WITBANK NEWS.
Find us on our website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Got a tip? Email: info@witbanknews.co.za
