Opinion

. My ‘window-shopping’ en joune verskil soos dag en nag

Wie kan nog’window-shopping’ onthou?

Die ys in die Engelsman se glas het al lankal gesmelt en al wat op my glas oor was, was my lipstiffie se handtekening op die glas se rand.

Maar ons gesels oor die ou dae het nog nie opgedroog nie.

Ons twee het laatnag gesels oor onthou-oomblikke van ons kinderdae.

So vertel die Engelsman dat hulle in hulle jonger dae nog ‘window-shopping’ gedoen het.

Ek kon daarby aansluit want ek onthou soel aande in Durban se middestad waar my ouers gebly het en die lang laataand uitstappies terwyl ons grootoog na die winkelvensteruitstallings gestaar het.

My pa het ver gestop, dan het ons die hoofstraat ingevaar en gedroom oor al die mooi wat agter die glas geknipoog het.

Ons eie kuikens het ons verbaas aangekyk en kon hulle nie vereenselwig met die idee van rondloop in die middestad in die aand nie.

Dis toe dat ek besluit om te gaan kyk hoe ons middedorp lyk in die aand.

Al die winkelsentrums het massiewe hekke wat in die aand toegesluit word, dus is jou kans om ‘window-shopping’ te gaan doen nul.

In die onderdorp was al die winkels agter silwer roldeure weggesteek en met dik kettings vasgegrendel.

Die kuikens het nie grootoog na die winkeluitstallings gekyk nie, maar heeltyd op hulle hoede rondgekyk as ek by ’n verkeerslig moes stop.

Wat ons wel gesien het, is skrikwekkend. Dwelmtransaksies word sommer oop en bloot gedoen en die dames van die nag is baie besig as die son sak.

Brom-brom het die Engelsman ons herinner dat geen plek in die aand veilig is nie.

Ek het later vir my klong vertel van ons ‘window-shopping’ uitstappies toe ons sy ouderdom was.

Eie aan sy 10-jarige wysheid was hy my een voor toe ek begin, “Toe ons jou ouderdom was het ons gereeld ‘window-shopping’ gedoen…

Dis toe hy my in die rede val en sê, “Ouma, die Bybel sê jy mag nie steel nie…”.

Deel jou nuusbrokkies met ons:   Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons op  WITBANK NEWS se sosiale media platforms:  InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 

 

 
Back to top button