BlogsOpinion

Dis Emmawillielênie se eie skuld

En daar spoel die water oor die sinkende skip.

En daar spoel die water oor die sinkende skip.

Die departement van water en sanitasie raas ook met Emmawillielênie omdat haar skuldjies nie betaal word nie.
Die eerste gedagte wat opkom is dat die verdomde Eskom en departement van water vir ’n droë en donker Kersfees gaan sorg.

Maar, inteendeel dit is nie Eskom of die departement van water se skuld nie. Hierdie blaam word vierkantig op die mislikepaliteit se voorstoep geplaas.

Ek verwonder my aan Eskom se geduld. Ek sou lankal die kragprop uitgetrek het.

Keer op keer op keer op keer sit Eskom saam ander rolspelers om ’n tafel en word terugbetalingsooreenkomste gesluit. Maar, dis waar dit bly, ooreenkomste, want die mislikepaliteit eer nie daardie ‘ek-belowe-ek-gaan-betaal’ ooreenkomste nie.

Die hele skaal het ‘omgetiep’. Voorheen het die maandelikse betaling van munisipale dienste die munisipaliteit se lewensvatbaarheid verseker. Dit het die munisipaliteit in staat gestel om haar verantwoordelikheid van volhoubare dienslewering na te kom.

Die eerste stap is om rekeninge vir inwoners te stuur. Hierdie toets druip die munisipaliteit al die afgelope ses maande.

Die tweede stap is om krediteure te betaal. Hierdie toets druip die munisipaliteit ook.
Derdens moet van die geld gebruik word om die stad in stand te hou, maar in plaas van strate skoonvee en gebreekte ligte te vervang koop die burgemeester eerder ’n nuwe kar.

Om die waarheid te sê, sy het nie eers tot by die eksamenlokaal, nuwe wiele en al, gekom nie, watwou toets skryf.
Nou gaan sy dié week die room van die myne en groot besighede in die omgewing vir ontbyt vat en gesels oor die toestand van die munisipaliteit.

Daar is net een toestand – chaos.

My tirade kan nog bladsye opneem, maar die Engelsman val my in die rede.

Die ‘eish’ klingel in sy glas en hy seg so ewe, “Emmawillielênie is ’n vrou, daar word verwys na haar. Dis juis daar waar die probleem lê, die beste terapie vir stres is spandeer-terapie …”

Dit voel asof ek verstik toe die komiese prentjie in my gedagte opkom van die kwaai man wat sy vrou se kredietkaart opsny. Dis dalk presies wat Emmawillielênie nodig het, iemand wat die leisels drasties intrek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button