BlogsOpinion

Frans se storie

’n Berig op sosiale media het my weereens laat besef hoe waardevol en doeltreffend die verspreiding van inligting is.

Ons leef in ’n era van sosiale media. Dit het die inligtingswêreld letterlik op sy kop gedraai. Waar inligting ’n paar jaar terug net tot koerante, radio, televisie en ensiklopidieë beperk was, is dit vandag letterlik die druk van ’n knoppie weg.

’n Berig op sosiale media het my weereens laat besef hoe waardevol en doeltreffend die verspreiding van inligting is.

Een berig op WITBANK NUUS se aanlyn webtuiste het oor die naweek ’n man se lewe verander. Frans Brunette het kanker in sy gesig en die aanlynberig is deur die regte mense raak gelees. Frans moet dringend ’n operasie ondergaan om die kanker uit sy gesig te laat sny. Dit sou oor die R200 000 kos, maar weldoeners het die berig gelees en Frans se operasie word gratis deur ’n dermatoloog gedoen in die Little Company of Mary Hospitaal in Pretoria.

Tog bly sosiale media een van die gevaarlikste uitvindsels van ons moderne tyd. Veral as dit deur onverantwoordelike mense met hul eie motiewe en agendas gebruik word. Dis verstommend hoe mense se maskers afval en hulle mekaar kru en met rassistiese taal uitskel. Die platform het in ’n rasse-oorlog ontaard.

Jy kan ‘like’, ‘share’ en ‘comment’ op die tegnologiese oorlogsone.

Vandag doen ek al drie. Ek ‘like’ die groep mense wat Frans se lewe gaan verander. Ek doen ’n beroep op al ons WITBANK NUUS lesers om Frans se storie te ‘share’ en dan los ek my eie stukkie ‘comment’. Ons is almal werktuie in Jesus se hande. Ons kan elkeen goedvoel-oomblikke skep deur klein dingetjies vir ’n ander te doen.

Vir Frans kan ons bid, ons kan mense vertel van die wonderwerk en die pad met die ‘mechanic’ van eMalahleni met die groot eina in sy gesig stap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button