BlogsOpinion

Dis nie kreef en kaviaar in Emalahleni nie

“Hulle is voëls van eenderse vere. Dit is net dat die een slimmer as die ander een is,” seg die Engelsman terwyl hy vir my wys dat sy glas leeg is.

“Hulle is voëls van eenderse vere. Dit is net dat die een slimmer as die ander een is,” seg die Engelsman terwyl hy vir my wys dat sy glas leeg is.

Dit is my beurt en terwyl ek besig is om vir hom ʼn whiskey, water en ‘eish’ en vir myself ‘n soetetjie te skink, wonder ek wie die voëls is en wie die slimmer een is.

Die Engelsman borduur voort, “Ek praat nou van Emmawillielênie en Gammat daar doer onder in die Kaap. Nes die mislikepaliteit hulle van hul wanbetaling aan Eskom verontskuldig, verontskuldig Gammat homself ook van sy oortredinge.

Die Engelsman neem ʼn slukkie van sy hervulde glas water, whiskey en ‘eish’ en gaan dan voort:

“Gammat word daar by die see gevang met twee krewe in ʼn sak. “Nee my Kroon” het hy te vertel aan die konstabel, “die krefies is nie ‘illegal’ nie, dis my ‘pet’ krefies, Jannie en Annie dié. Ek bring hulle elke dag vir ʼn swem ‘session’ see toe. As hulle so ʼn halfuur geswem het, gee ek net ʼn fluit, dan kom die tweetjies uit en ons ga huis toe”. “Dit wil ek nog sien,” sê die konstabel.

“Check dan nou mooi my Kroon” en haal die twee krewe uit die sak en gaan plaas hulle versigtig in die water. “Djulle tweetjies moet nou leka swem en net vir ʼn halfuur gahoor” seg Gammat terwyl hy die twee krewe wat in die see wegswem, agterna staar.

Toe steek Gammat ʼn sigaret op en gaan sit rustig op ʼn rots en rook. Na ʼn halfuur stap die konstabel na Gammat toe en sê “Toe fluit nou!”
“Gammat kyk die konstabel verontwaardig aan en vra “Nou hoekom moet ek dan nou fluit my Kroon?”
“Vir jou krefies om uit die water uit te kom,” seg die konstabel.

“Maar van wafferse krefies praat my Kroon dan nou?” wil Gammat verbaas weet.

Ons mislikepaliteit is seker jammer dat hulle nie hul probleme soos Gammat in die see kan laat verdwyn nie, want dit sal moeilik wees om Eskom én die Departement van Water en Sanitasie en die ander krediteure vir ʼn swem ‘session’ te vat.

Dan lig die Engelsman sy glas en seg “Cheers, op ʼn slim man, op Gammat.”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button