BlogsOpinion

Die land van stroop en melk

Ons het rustig in die sitkamer gesit, ek met ʼn soetetjie en die Engelsman met sy gebruiklike whiskey, water en ‘eish’, toe hy uit die bloute seg “Ag nee wat, leer sal hulle nog moet leer.”

Ons het rustig in die sitkamer gesit, ek met ʼn soetetjie en die Engelsman met sy gebruiklike whiskey, water en ‘eish’, toe hy uit die bloute seg “Ag nee wat, leer sal hulle nog moet leer.”

Omdat ons nie meer kuikens op skool het nie, kyk ek hom met ʼn groot vraagteken op my voorkop aan. Omdat hy my so goed ken, het ek nie nodig om die vraag in woorde om te sit nie want hy antwoord my onuitgesproke vraag. “Ek bedoel leer van melk en stroop” seg hy.

Nou is ek nog meer verward want ek weet van geen planne wat die Engelsman het om na aftrede te gaan boer of ʼn melkery oop te maak nie. As jy op hoogte van die jongste nuus is, sal jy weet dat met die grondonteiening gedoente is daar geen toekoms vir ʼn boerdery in Suid-Afrika nie en waar op aarde gaan jou melkbeeste wei as die regering jou plaas gevat het?

Die Engelsman moes gesien het dat die vraagteken op my voorkop nog vraender geword het want nadat hy ʼn slukkie van sy whiskey, water en ‘eish’ geneem het, verduidelik hy vinnig. “Ek bedoel daardie klomp politici wat die staatskas, Eskom, Denel, Prasa en die beesplaas op Vrede so gestroop en gemelk het, dis nou die Guptas, die Zumas, die Zwanes, die Magashulas en almal wat daarby betrokke was.”

Na nog ’n slukkie gaan hy voort “Daai klomp politici moet by die medici gaan leer van stroop en melk. As ’n persoon aan ’n mediese skema behoort, gaan hy ’n dokter spreek. Hy word ondersoek, ’n spul pille en ’n inspuiting gegee. Dan word hy na ’n hospitaal verwys. Daar word hy opgeneem, ondersoek, ’n spul pille, wat verskil van dié wat sy dokter hom gegee het, gegee en ingespuit.

Dan word daar toetse gedoen. Sy hart word getoets, sy bloedsuiker word getoets, sy longe word getoets, sy niere word getoets, sy ingewande en blaas en wat nog alles word getoets. Dan word daar x-strale geneem. En vir elke dingetjie word die mediese fonds gestroop en gemelk. En dit is maar die eerste fase. Die tweede fase begin met die operasie wat volg. Daar is ’n chirurg en die narkotiseur, fisioterapeut en diesulkes betrokke. Hulle hemelhoë rekeninge word alles van die mediese fonds verhaal. As dieselfde persoon nie ’n mediese fonds gehad het nie, gaan hy na ’n staatshospitaal of kliniek, word pille en ’n inspuiting gegee en aangesê dat as hy die res van die dag in die bed bly, behoort hy die volgende dag gesond te wees”.

Nou wonder ek hoekom het ek ’n joernalis geword en nie ʼn dokter nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button