BlogsOpinion

Ek het ’n verskil gemaak

Die Engelsman maak maklik sy stem dik wanneer iets hom na aan die hart lê en ons pragtige land lê baie na aan sy hart

Ek stem nou vir ’n lekker skuimbad waarin ek vir ure kan lê en ontspan.

Ek stem nou vir ’n laatmiddag-dutjie, ’n uur of drie waarin ek my boek kan klaar lees, ’n rukkie in die tuin waarin ek bossies kan uittrek en my gedagtes en siel kan skoonmaak. Ek stem vir my-tyd.

Die verkiesingsveldtog die afgelope weke het sy tol geëis.

Van die redaksie se kant af was dit maande voor die tyd se beplanning en terwyl almal op verkiesingsdag lekker uitgerus het, moes ons die wiel aan die rol hou met inligting op sosiale media aan ons lesers.

Die Engelsman maak maklik sy stem dik wanneer iets hom na aan die hart lê en ons pragtige land lê baie na aan sy hart.

Hy het in die ou Rhodesië grootgeword en het eerstehands ervaar hoe sy geliefde land vir die wolwe gegee is.

Hier was sy raad vroeër die week – ‘Die feit dat die ANC lyk of hulle bietjie sukkel om van hulle beloftes te implementeer, het ’n invloed op my keuse,’ het hy geseg.

Ek stem saam met hom dat die leier van ’n party belangrik is.

Maar daar moet ook diepte wees. Daar moet meer kandidate as net die leier wees wat jy dink die werk sal kan doen.

Dink verder as een verkiesing. Suid-Afrika gaan nie oornag verander nie.

Ek dink daar is meer as een goeie party om voor te stem in die komende verkiesing.

Ek dink die Engelsman se kriteria behoort verskillende mense by verskillende stemme uit te bring.

So dit maak nie saak vir wie jy gestem het nie, ek en jy het ons demokratiese reg uitgeoefen en die swart kolletjie op ons nael is ’n soet herinnering dat ons ’n verskil gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button