BlogsOpinion

1+1=3

In die begin het ek gedink die 45-blad weerspieëling van die stand van sake is ’n regte ‘carbon-copy’ van verlede jaar

Ek is nou nie ’n wiskunde fundi nie, maar ek weet van 1+1. Ek het die stand van die munisipaliteit, dis nou ’n regte direkte vertaling, onder die oë gehad.

In die begin het ek gedink die 45-blad weerspieëling van die stand van sake is ’n regte ‘carbon-copy’ van verlede jaar.

Tot ek by die paragraaf gekom het waar die burgemeester dit amper in hoofletters uitspel dat die munisipaliteit se uitgawes nie hul inkomste moet oorskry nie.

Ek stem saam daarmee, dit maak logiese sin.

Maar net ’n paar paragrawe verder seg die tannie met die goue amptelike ketting om haar nek dat Emmawillielênie omtrent R3.4 biljoen kan verwag in inkomste.

Ek het die woorde opgeslurp en klap sommer hande van blydskap.

Tot ek verder lees. Die mislikepaliteit gaan omtrent R3.9 biljoen nodig het om operasioneel te bly.

Hier neem die sakrekenaar oor.

Wie ook al die sommetjies gedoen het moet weer gaan sit met die formule: R3.4 biljoen minus R3.9 biljoen is gelyk aan minus R495.2 miljoen.

Met ander woorde my geagte geleerde vriende die munisipaliteit kort R495.2 miljoen om die boeke te laat balanseer en die munisipaliteit te laat funksioneer.

Nou hier is my baie nederige insae.

Liewe munisipaliteit, as jul rekeninge betyds uitgaan en ook korrek is sal ons as inwoners van hierdie lieflike stad graag ons dienste rekeninge vereffen.

Hierdie maand het meer as die helfte van die inwoners van hierdie prag-stad inkorrekte dienste rekeninge gekry.

Ons is al sommer ’n hele groepie wat bekommerd is omdat ons waterlesings nie op die rekeninge aangebring is en ons daarvoor gehef is nie.

Sou julle dit regkry om in die voorsienbare toekoms op tyd aan ons korrekte rekeninge weer te gee sal julle inkomste merkbaar vermeerder en julle boeke dan balanseer.

Soos altyd moet die Engelsman ook iets seg, “As julle rekeninge betyds gestuur word kan ons berekeninge betyds kan doen. Julle gaan Eskom sommer lag-lag kan afgebaal en ek sal kan bepaal hoeveel ‘eish’ ek kan koop vir my knertsies. Ek wou self my ‘eish’ maak, want ek het ’n ‘eish’-masjien maar weens omstandighede buite jul beheer het ons al weer nie water nie en dus kan ek nie my eie ‘eish’ maak nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button