BlogsOpinion

Dissipline of straf?

Die Engelsman seg ouers dra dikwels hul eie aggressie en woede oor as hulle hul kuikentjies ’n pakslae gee

Moenie die bloedjies ’n goeie pakslae gee nie.

Die konstitusionele hof het op 18 September beslis dat ouers hul kinders nie pakslae mag geen nie, want dit kom neer op aanranding.

Ek het nou die afgelope paar weke verskeie debatte met die Engelsman gevoer oor die tema’letjie’.

Ek ken die Engelsman nou al ’n hele dekade of meer lank.

Ons het as ouers dikwels al gestry oor pakslae of nie.

Ek was dit nog altyd eens dat die Engelse meer ‘laid-back’ is.

Ek glo nie die Engelsman kan op sy een hand tel hoeveel keer hy ’n lat oor sy boude gevoel het nie.

Ons is streng Afrikaans grootgemaak en as jy aangejaag het, het jy ’n pakslae gekry.

Ek onthou nog al te goed hoeveel keer ons die liniaal se hale op ons palms vergelyk het toe ons nog op skool was. Ons is vandag oraait, of so dink ek.

Die Engelsman is nie een vir pakslae nie, ek het die kuikens gewiks as hulle stout was.

Oor ’n whiskey en ‘eish’ en ’n sagte rooietjie het ons debat oor die naweek weereens oor pakslae gegaan.

Ek sê buig die boompie terwyl hy nog groen is.

Die Engelsman seg ouers dra dikwels hul eie aggressie en woede oor as hulle hul kuikentjies ’n pakslae gee.

“Ons slaan nie volwassenes as hulle verkeerd is nie – hoekom slaan ons dan kinders? As iemand anders jou kind slaan, is dit aanranding – hoekom is dit dan nie aanranding as jy self jou kind slaan nie?” was die Engelsman se argument.

Hy het iewers gelees ’n opvoedkundige sielkundige en skrywer van Amerika, Aletha Solter wat ook een van die mees uitgesproke aktiviste teen lyfstraf is, noem dat kinders se gedragsprobleme nie uit ’n gebrek aan dissipline en lyfstraf spruit nie, maar eerder uit ’n gebrek aan aandag.

Die sinnetjie het my dadelik tot ander insigte gebring.

Om ’n band van vertroue en respek met jou kind te hê gaan ’n beter uitwerking hê as wat Piet Brand sal hê.

 
Back to top button