BlogsOpinion

Oorwin jou berg

Partykeer in ons lewens voel dit ook asof dit vir 40 dae en 40 nagte aaneen reën, asof alles in ’n grys gordyn vasgevang is en dit net voel asof jy nêrens uitkoms kry nie

Ek sit vandeesweek en die tema ‘oorwin jou berg’ steek heeltyd in my kop vas.

Dis na aanleiding van ’n kerkdiens die afgelope Sondag waarin die storie van Noag op so ’n gepaste wyse vertel is.

Toe die water na 150 dae gesak het na die verwoede reënbui wat 40 dae en 40 nagte geduur het, het die ark op die Ararat gebergtes tot rus gekom.

Partykeer in ons lewens voel dit ook asof dit vir 40 dae en 40 nagte aaneen reën, asof alles in ’n grys gordyn vasgevang is en dit net voel asof jy nêrens uitkoms kry nie.

Daar is soveel berge wat ons moet oorwin en dit beteken ons sal deur stormweer moet swoeg, probeer koers hou en ook sorg dat ons ark nie omval nie.

Kerkgangers is gevra om hul berge op ’n stukkie lint te skryf en aan ’n toutjie vas te maak wat die vorm van ’n berg voorstel.

Na die diens het ek by ’n ‘kunswerk’ gaan staan en dieper probeer kyk na watter berge mense om my moet oorwin.

Ek kon nie lees wat op die lintjies geskryf was nie, maar ek kon myself net indink hoeveel berge daar was.

Ons is menslik en party dae is daar heuwels voor ons en ander dae bergreekse.

Ek het al mense teëgekom wat selfs bang is vir ’n spoedhobbeltjie in hul lewe, watwou ’n berg.

Om ons berge uit te klim, heel bo te staan en asemloos na die prag van die skepping te kyk, moet ons fokus op die struikelblokke op ons pad.

Dit verg moeite, inspanning, opoffering, selfvertroue, fokus en geloof so groot soos ’n mosterdsaadjie.

Terwyl ek opgewonde voort babbel en vir die Engelsman vertel van my ondervinding en ’n debat probeer ontlok, het hy rustig agteroor gesit en so af en toe die ‘eish’ in die whiskey met die vinger geroer.

Toe seg hy so ewe, “Ek dink die munisipaliteit het die Vallei van ’n Duisend Heuwels om te oorwin voor hulle eendag ’n reënboog gaan sien. Hul eerste heuwel is Eskom en dan volg die munisipale rekeninge en op een van die laaste heuweltjies is die spietkop-sage wat hulle moet uitsorteer.”

 
Back to top button