
My vrae aan die eMahlahleni raad is:
Waarom is daar ‘n hyskraan van R 2.3 miljoen aangekoop? Wat se doel gaan bereik word met dié aankoop, al die jare is daar sonder klaar gekom en sou ‘n kraan benodig word sou dit goedkoper wees om een te huur. Nou moet daar ‘n kraandrywer opgelei word en daar moet gereeld handhawing daaraan gedoen word?
Om 20 nuwe Ford Ranger bakkies aan te koop? Hoe het die personeel in die verlede daarsonder klaargekom? Sou 10 nie genoeg gewees het nie? Lyk maar na baie rande se onnodige uitgawe.
Hoe het die mense in KwaGuqa vir vyf jaar sonder krag gesit? Vir die raad om dit nou eers te herstel is onaanvaarbaar.
11 Miljoen Rand om personeel op te lei.? Wie het die huidige personeel aangestel sonder dat hulle die nodige bevoegdheid bewys het? Vir hoe lank en watter personeel gaan opgelei word? Ek is van die opinie dat dit vrae is wat inwoners van eMahlahleni graag sou wou weet.
Mnr Willie Swart se brief is oor die artiekel: Anglo American gives R28-million for infrastructure and capacity building project
