LettersOpinion

#StrongerThanTheRand

Die ‘remote’ kans dat Emmawillielênie eendag as dorp van die jaar aangewys kan word is definislis #StrongerThanTheRand

Die kans dat Emmawillielênie se waterwerkinge vir ’n week geen onderbrekings gaan hê nie, is #StrongerThanTheRand. Die skrale kans dat die kraters in Emmawillielênie se straatjies binnekort gevul gaan word #StrongerThanTheRand
Die ‘remote’ kans dat Emmawillielênie eendag as dorp van die jaar aangewys kan word definislis #StrongerThanTheRand

Lesers wat wonder waaroor #StrongerThanTheRand gaan, moet bietjie op sosiale media platforms gaan kuier.
Die Rand wat verlede week gestruikel en sy enkel verswik het voor die Amerikaanse dollar het hierdie inisiatief teweeggebring.

Maandag was die Rand R13.27 teenoor die Amerikaanse geldeenheid en R15.22 teenoor die Euro.
Mense het begin Tweet oor die dinge wat hulle dink #StrongerThanTheRand is.
So het iemand gesê Nataniël se haarlyn is #StrongerThanTheRand.

Die Engelsman het so ewe droog ook sy bydrae tot die beweging gegee en gesê ’n politikus se beloftes is #StrongerThanTheRand, die Cheetahs wat ’n impak gaan maak in vanjaar se Curriebeker is #StrongerThanTheRand. Die idee dat Thuli Madonsela op Zuma se Kerskaartjie-lys is #StrongerThanTheRand, Oscar se weergawe van wat die aand tussen hom en Reeva gebeur het #StrongerThanTheRand.
Terug op eie bodem, taxi’s wat verkeerreëls na kom #StrongerThanTheRand, Witbankdam in ’n pragtige ontspanningsoord met vyfster geriewe ontwikkel word is #StrongerThanTheRand.

In die land van melk en heuning, hoenderhokke en skaapkrale sit ons met ’n president wat op klagtes van korrupsie aangekla was en net eenvoudig kon wegloop omdat hy presidents kandidaat was. ’n President wie staatsfondse aangewend het om sy eie persoonlike huis te laat verbeter. ’n President wat van verkragting aangekla was en dit bloot kon aflag.
‘A day late and a dollar short’ is al wat die Engelsman opper terwyl hy luister na die ‘eish’ wat in sy knertsie rinkel.

Ek moet darem die laaste sê, sê… Die dag wanneer die Engelsman gaan ja seg vir ’n koppietjie tee – #StrongerThanTheRand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button