Local sportSport

Balle rol reeds vroeg dié jaar

Die feegety is verby en al die spelers is nou weer lus vir rolbal. Die eerste aktiwiteit van die nuwe jaar was ’n Mpumalanga o.19 en o.25 ‘squad’ oefening in die Hoëveld-streek.

Dit is baie jammer dat die Sentraal-streek (Witbank, Middelburg en Groblersdal) nie jong spelers het wat vir Mpumalanga-kleure kan meeding nie.

Jong mense word uitgenooi om by ’n klub aan te sluit. Dit kan net moontlik wees dat hulle ’n aanvoeling vir die spel het en ernstig kan kompeteer vir provinsiale kleure.

Hierdie naweek, 11 en 12 Januarie vind die Mpumalanga Enkels in die Sentraal-streek plaas waar die mans en dames ope, asook mans en dames seniors teen mekaar gaan meeding.

Die mans ope en mans seniors sal meeding op Groblersdal en die dames ope en seniors by die bane van MCC (Middelburg).

Die mans wie gekies is om die sentraal streek te verteenwoordig is:
Ope – Jannie Brandow, Deon Vermeulen, en Flof du Toit.
Seniors – Johan von Backström, Roy van Heerden en Alex Buchan.
Die jaarlikse Atlas Copco (SECOROC) rolbaltoernooi vind plaas oor die naweek van 15 en 16 Februarie by Witbank Klub. Die inskrywingsgelde bly R600 per span van vier (mans, dames of gemeng).

Die organiseerders het bepaal dat slegs twee provinsiale spelers per span toegelaat sal word. Groot kontantpryse en ander pryse kan gewen word. Vyf wedstryde van 15 koppe elk sal gespeel word met krag teen krag na die eerste wedstryd. Inskrywingsvorms is by klubs beskikbaar. Vir verdere inligting, kontak Mike: 082 055 0519 of Johan: 082 324 1216.

Inskrywings vir die Mpumalanga Sentraal mans en dames pare wedstryde word op 18 en 19 Januarie gespeel. Dit word verwag dat die kompetisie weereens sterk sal wees. Heelwat spanne het ingeskryf en die trekking sal binnekort by klubs beskikbaar wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button