Local sportSport

Ovaalbaan-jaers ontvang pryse

Rietkuil Raceway het vir die eerste keer sedert die klub se ontstaan hul jaarlikse prysuitedelingsfunksie op plaaslike bodem gehou.

Die klub, wat by Motorsport SA geaffilieer is, is geleë langs Arnot Kragstasie.
Verskeie jaers is Saterdag 8 Maart by Maanlig-oord vereer vir hul prestasies op die ovaalbaan.
Drie jaers van die Steenkoolstad het gewys dat hulle weet wat om agter die stuur te doen en is met trofeë beloon.

André Zwart het derde plek in die 1660cc gemodifiseerde klas met sy Professional Car Breakers, ’n Mazda 323, ontvang. As gevolg van sy prestasies op die baan het hy ook ’n nuwe borg vir die 2014 seisoen gekry.

André neem al 10 jaar lank in verskeie kategorieë deel, naamlik tydrenne, langbaanrenne, veldfietsrenne en nou ook aan ovaalbaanrenne.

Hy neem hierdie jaar aan die streekskampioenskappe deel en lê tans sesde algeheel na die eerste been in Polokwane.
Christo Harmse is tweede algeheel in die 1600cc ‘Stockrod’ klas vir standaard sedanmotors.

Christo neem deel in sy Extreme Mining Corsa. Christo lê tans vierde algeheel in hierdie jaar se klubkampioenskap na meganiese probleme in die eerste been.

Chirsto wag tans op sy nuwe doelgeboude 2.1L Renault Megane wat tans vir hom gebou word deur die bekende Shane de Beer van Johannesburg.

Die 12-jarige Dean Boshoff is vir die tweede agtereenvolgende jaar die algehele kampioen in die ‘Winger Midget’ klas (’n kleiner weergawe van die bekende Amerikaanse Sprint V8 Fuellers).
Dean het ook die eerste prys vir die beste voorbereide ‘Sprint’ kar ontvang.

Dean het begin deelneem aan motorsport op die ouderdom van drie jaar op ’n vierwielmotorfiets en ook sy heel eerste wedren in die klas gewen.

Drie jaar gelede het hy begin deelneem aan die Ninja Midget klas en in sy eerste jaar was hy tweede algeheel en die volgende jaar eerste algeheel asook, Junior Sportman van die jaar. Dean lê tans tweede in die kampioenskap en gelyk eerste in die streekskampioenskap. Dean het hierdie jaar drie nuwe borge bygekry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button