EntertainmentLifestyleLocal sportSport

Uitdaging op die ovaalbaan

Dié komende Saterdag gaan die enjins weer brul op Rietkuil Raceway.

Hulle hou Saterdag 29 Maart om 16:00 ’n opwindende uitdaging  in die standaard klas.

Dit is ’n klas waar enige fabrikaat voertuig gebruik mag word, maar dit mag nie groter as 1600cc enjin kapasiteit hê nie en moet standaard soos uit die fabriek, gebruik word met geen modifikasies om dit beter of vinniger te maak nie.

Dit is ook die klas waar alle nuwe beginners en kinders in begin ry om ondervinding op te doen vir die groter klasse.
Sowat sewe ander klasse sal ook deelneem gedurende die dag/aand.

Hierdie wedrenne is besig om die jaers om te warm vir die streekskampioenskap wat op 7 Junie by Rietkuil sal plaasvind. Dan sal jaers vanaf onder andere Polokwane, Vereeniging en Mahem  hulle staal kom wys.

Heerlike verversings is te koop. Hekke open om 12:00 en toegang beloop R40 per persoon ouer as 14 jaar en R20 vir sewe tot 13 jaar en dan R15 per voertuig.

Volg al die verwikkelinge op die ovaalbaan op Facebook onder Rietkuil Raceway.
Vir enige navrae skakel  Kobus: 073 1733 988.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button