Local sportSport

Lekker opwinding by ovaalbaan dié naweek

Maak seker jy sit dié komende naweek langs Rietkuil Raceway se ovaalbaan.

Rietkuil Raceway (geleë reg langs Arnot kragstasie) hou op Saterdag 10 Mei ‘n reuse ‘open wheeler challenge’.
V8 Sprints en Super Midgets gaan die groot trekpleister wees vir hierdie dag/aand wedren.

Kwalifiserende rondtes reeds begin om 15:00 sodat die wedren om 16:00 kan afskop.
Vorige rekords gaan definitief probeer verbeter word, wat blitsvinnige tye om die baan beteken.
Rietkuil Raceway word gereken as die vinnigste teer ovaalbaan in Suid-Afrika.

Daar sal in nog sewe ander klasse ook deelgeneem word wat dit ’n dag propvol van groot opwinding gaan maak.
Hierdie resies is ‘n lekker aptytwekker vir die streekskampioenskap wat op 7 Junie om 16:00 te Rietkuil Raceway aangebied word.  Hier word meer as 100 deelnemers verwag.

Heerlike kerrie en rys, pannekoeke, slaptjips, warm sjokolade, koffie en vele meer word op die perseel verkoop.
Vir enige navrae skakel Kobus by Auto Carb 073 1733 988.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button