Local sportSport
Dolfyne spring plekke los
Gimnaste van die Dolfyne Trampolien klub het gewys waarom hulle dolfyne is – hulle kan spring en hulle laat hulle nie deur die koue afskrik nie.
’n Aantal gimnaste van die klub het Saterdag 14 Junie in Pretoria aan ’n kompetisie deelgeneem en sommer met baie medaljes huiswaarts gekeer.
Dirk Botha en Dehan Janse van Rensburg is albei in die Junior Springbokspan opgeneem. Hulle gaan van 29 Junie tot 5 Julie by Sun City aan die Indo Spele deelneem, waartydens gimnaste van 12 lande gaan meeding.
“Ek is baie seker hulle gaan ons land se naam hoog hou en veral Mpumalanga kan trots wees op dié twee gimnaste,” het afrigter, Dolla Coetzee, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
