School sportSport

Tegnies slaag in hul doel

Die Hoër Tegniese Skool se eerste netbalspan het ’n pragtige oorwinning van 30-22 behaal teen Hoërskool Middelburg tydens die Nkangala uitspeel-wedstryde.

HTS het goeie netbal gespeel op Saterdag 31 Mei en goeie druk toegepas in Middelburg se doelsirkel. By die ander doelpale het Mandalee Kotzé en Anell Smit die doele vir HTS ingeryg.

In die wedstryd teen HTS Middelburg het HTS gesorg dat Middelburg hul kleinste oorwinning in sewe jaar teen HTS behaal het: 41-16. Die o.14 A-span het die o.14 (2) span van Middelburg Tegnies verslaan met 9-8.

Tydens die Nkangala uitspeel-wedstryde tussen Witbank en Middelburg het die A-spanne van HTS almal deurgedring na die Mpuamalanga Kampioenskappe op 20 en 21 Junie te Witrivier.

Die posisies vir Nkangala-streek is soos volg: o18A no.2, o17A no.4, o.16A no.3, o15A no.4 en o.14A no.4.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button