School sportSport

O.17 7’s rugbymanne wys hoe

HTS stap met die silwer medaljes weg in die cup-finaal.

Die Hoër Tegnies Skool se o.17 7’2 rugbyspan het presteer by die Nashua 7’s Rugby dag by Kanonkop Hoërskool Middelburg.

ta705rs
Die o.17 7’s rugby span van HTS is (van links, agter): Inus Truter, Dylan Pretorius, Ruan Swart, Charl van Zyl (kaptein), Lovaine Herman, Damian Pitout, Juandre Gerber, A.D. van Wyk, Vicky Menegaz (afrigter), Deon Visser (Kanonkop Hoërskool); (voor): Lian Opperman, Mthokozisi Mahlangu, Bennie Maelela; (heel voor): Franco Horn.

HTS se eerste wedstryd was teen Hoërskool Steelcrest. Die span het met ’n goeie begin vir Hoërskool Steelcrest gewen met 47 -0. In die tweede wedstryd het HTS vir Hoërskool Oosterlig gewen met 24-7.
Die laaste kwalifiserende wedstryd was teen Hoërskool Standerton en HTS het die wedstryd 24-12 gewen.
Dit plaas HTS toe in die semifinaal teen Hoërskool Kanonkop en weereens het HTS gewen, hierdie keer met 32-5.

In die finaal het HTS teen HTS Middelburg gespeel. Met ‘n slegte begin het HTS teen halftyd 0-24 agter geloop. Die o.17 span het nie moed opgegee nie en het meer hart gewys as die hele dag en het terug baklei om die wedstryd met 12-31 te eindig.

HTS stap met die silwer medaljes weg in die cup-finaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button