School sportSport

Rekords spat by Kraggies

Daar was geen keer aan die sportmangees tydens Laerskool Kragbron se interhuis nie.

Daar was geen keer aan die sportmangees tydens Laerskool Kragbron se interhuis nie.

Al het die son bietjie hard gebak het atlete nog steeds een rekord na die ander gebreek tydens die atletiekbyeenkoms wat Woensdag 18 Januarie plaasgevind het.

zg27-1 deep edge asbrs
Dawnelle Smit seil oor die hekkie tydens Laerskool Kragbron se interhuis op 18 Januarie.

zg27-2rs
Megan Oosthuizen lyk of sy op die oorlogspad is tydens Laerskool Kragbron se interhuis op 18 Januarie.

zg27-3 deep edge asbrs
Tydens Laerskool Kragbron se interhuis op 18 Januarie is daar geen keer aan Llwellyn Combrink nie.

AJ Oberholzer se naam pryk nou amptelik agter die 80m hekkies vir seuns o.13 item. Hy het die hekkies item in 11:19 voltooi.

Conner Janse van Renburg het die 400m seuns o.8 in ’n tyd van 1:24:18 gehardloop, ook ’n splinternuwe rekord.

zg27-4rs
Mazivitaishe Takawira gee haar beste tydens Laerskool Kragbron se interhuis op 18 Januarie.

zg27-5rs
Jeandré Schoombie maak korte mette van die hekkie item tydens Laerskool Kragbron se interhuis op 18 Januarie.

zg27-6rs
Logan van der Walt in aksie tydens Laerskool Kragbron se interhuis op 18 Januarie.

Menehle Zulu het ’n nuwe rekord opgestel in die 400m dogters o.8 met ’n tyd van 1:31:62, Simone van der Walt spog met die nuwe rekord vir die 80m dogters o.8 met haar tyd van 13.04 en Heinrich Botha het ook die rekord laat spaander in die 400m seuns o.7 met ’n tyd van 1:36:80.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button