School sportSport

Kraggies pronk met top hokkiespelers

Na ’n baie opwindende hokkie seisoen het al ses die hokkiespanne gekwalifiseer om aan die Top 12 Mpumalanga uitspele te gaan deelneem

Kraggies pronk met top hokkiespelers wat behoorlik uitgehaal en gewys het die afgelope seisoen.

Na ’n baie opwindende hokkie seisoen het al ses die hokkiespanne gekwalifiseer om aan die Top 12 Mpumalanga uitspele te gaan deelneem.

Dit was die afgelope naweek by Middelburg Hoërskool en The Hockey Farm.

Die o.13 A-span dogters wen Mpumalanga en gaan eerskomende naweek deelneem aan die Champ of Champs in Potchefstroom.

Al die liga wenners van die verskillende provinsies neem teen mekaar deel.

Die ander spanne se resultate is as volg: o.13 seuns eindig negende in Mpumalanga, die o.12 seuns eindig tweede in Mpumalanga en die o.11 seuns eindig vierde in Mpumalanga.

Die o.12 dogters het ook negende in die provinsie geëindig en die o.11 dogters sewende.

Die skool is baie trots op die spelers se uitstekende prestasies en wens die o.13 A-span dogters alle sterkte toe die komende naweek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button