School sportSport

HTS Witbank dien bobaasatletiek op

Sommer vinnig-vinnig het die bloues bestaande baan- en veldrekords laat spat

Dit is weer daai tyd van die jaar waar die reuk van gesnyde gras, pannekoek en sonskerm in die lug hang.

Die atletiekseisoen vir 2020 het gearriveer en HTS Witbank se atlete het die naweek gewys dat hulle gerat is vir ʼn bobaas-atletiekseisoen.

Hoërskool Oosterlig en Lowveld High het op Saterdag, 25 Januarie, by die bloues aangesluit vir ‘n dag van goeie gees en skitterende atletiek.

Sommer vinnig-vinnig het die bloues bestaande baan- en veldrekords laat spat.

Cherike Boshoff het die dogters onder 14 100m loshande gewen.

Pieter Henrico se visier is op die SA-kampioenskappe en het by die seuns onder 17 diskus ook die rekord verbeter.

Die volgende leerders het 800+ punte op die ABSA-tabel bymekaargemaak :

Ruben v Rensburg met 941 vir diskus.

Nathan Venter met 889 vir hoogspring.

Tercius Bezuidenhout met 879 vir diskus.

JJ Viljoen met 865 vir diskus.

Ruduan Roux met 840 vir die 3000m.

Pieter Henrico met 803 vir diskus.

Logan Nienaber met 1 062 vir diskus.

Danette Swiegers met 925 vir gewigstoot.

Cherike Boshoff met 864 vir die 100m.

Elandri Bezuidenhout met 843 vir verspring.

Anushke Muller met 809 in totaal.

HTS Witbank wil graag hulle leerders bedank wat getrou by die oefening uitkom asook dié wat hard geoefen het tydens die vakansie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button