EntertainmentLifestyle

Manie kuier by Pink Panther

Manie Jackson het nie bekendstelling nodig nie.

Die sanger met die streelsagte stem tree op 5 April by Pink Panther op.

Manie is 15 jaar terug aangewys as IFM se Countrysanger van die jaar. Dit was ook in 1999 wat hy die Algehele Country Kunstenaar van die jaar met Bobby Angel gedeel het. Saam met die toekennings het hy ook die toekenning ontvang vir die Countrytreffer van die jaar met sy weergawe van die liedjie ‘You’re the reason’.

Onder die trofee in sy blyplekkie pryk die SAMA toekenning in die country-genre.

Manie sing nie net country nie, hy sing ook pop en ballades en dansnommers waarin baie pret en plesier tussen die note ingevleg is.
Hy het lankal al sterstatus verwerf. Sy optredes is gemik op oud en jonk en bevat liedjies wat in almal se musieksmaak sal val.

“Kom kuier saam, kom dans lekker op Manie se musiek en geniet die komende Vrydagaand,” het Gerhard Smit, eienaar van die gewilde nagklub genooi.

Ingang beloop R40 per persoon en Manie se optrede begin om 21:00.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button