EntertainmentLifestyle

Is jou baba, peuter of kleuter die mooiste?

Die winter kruip stadig maar seker naweek en daarmee saam is dit weer tyd vir die Hervormde Kerk, Suidoos Witbank se jaarlikse basaar.

Die pretdag vind op Saterdag 31 Mei by die Hervormde Kerk, Suidoos in Hans Strydomstraat plaas.

En wat is ’n basaar sonder ’n babakompetisie en skoonheidskompetisie? Weereens kry mammas en pappas die kans om hul pragtige babatjies in te skryf vir die babakompetisie en die meisies kan nou al hul uitrustings beplan vir die Mej. Winter kompetisie.

Vir die babakompetisie kan babas in die volgende kategorie meeding: dogtertjies  nul tot 11 maande en 12 tot 23 maande en ook die seuns kan inskryf in die nul tot 11 maande en 12 tot 23 maande.

Vir Mej. Winter is die kategorieë soos volg: twee tot drie jaar, vier tot ses jaar en sewe tot 10 jaar. Vanjaar se tema is ‘winter’ en dit kos net R50 per inskrywing.

Inskrywings begin om 09:30 en die kompetisie begin om 10:00.
Inskrywingsvorms is Maandae tot Vrydae vanaf 08:00 tot 17:00 en Saterdag tussen 08:00 en 13:00 by die kerk se waterverkope kiosk beskikbaar.

Vir meer inligting oor die dag skakel Silvia: 082 372 3944.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button