Jennifer kom met hart en siel optree
Die naam Jennifer Zamudio is na 13 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf sinoniem met styl, hardwerkend, sukses en energie.
Op die verhoog is Jennifer ’n onbeskryflike bondel energie en met haar natuurlike aanvoeling vir vermaak kry sy vinnig ‘n gehoor in die palm van haar hand. Haar spontane “weskus-humor” en gemak laat menige konsertganger skater van plesier terwyl hulle maar net nie kan stil sit in een van haar vertonings nie.
Jennifer het haarself goed in die musiekbedryf gevestig as sanger-liedjieskrywer, en net soos wat sy daarvan hou om musiek met lekker woema te sing, is sy self gaande oor haar ernstige emosionele ballades, wat altyd haar kenmerkende alt stem tot sy volle reg laat kom. Jennifer is “verlief op die lewe” en dit word beklemtoon in alles wat sy doen en aanpak. Haar energie is vir seker voelbaar en aansteeklik.
Sy het alreeds nege vollengte solo-albums op haar kerfstok en is bekend vir haar treffers:, ‘Hart se loper’,’ Hoor Hoor’, ‘Hier’s my liedjie’, en ‘Ek sal berge klim vir jou’ asook haar jongste treffer, ‘Hart en Siel’.
Jennifer tree op 5 Junie om 19:00 by die kerksaal oorkant Hoërskool Generaal Hertzog op. Die skool is op die hoek van Clarendon- en Krugerstraat geleë.
Kaartjies beloop R80 vir volwassenes en R60 vir skoliere.
As jy voor Maandag 2 Junie jou kaartjies bespreek sal jy dit teen ’n spesiale prys van R50 per volwassene en R30 per skolier kry.
Vir kaartjies skakel Ronel van Deventer: 083 794 1347 of Marlene Pentz: 082 466 5383.
