Wen die Vadersdag met WITBANK NUUS en ‘Pappas sing Lalla Land Liedjies’
Daar is ’n CD en ’n DVD wat net wag om gewen te word.

Twee gelukkige wenners sal ‘n CD ‘Pappas sing Lala Land liedjies’ en ‘n DVD ‘Oom Karoolus en Lente Die Moewie’ huistoe vat.
Vadersdag is die naweek en ingeval jy nog nie 100% seker is wat om vir jou pa die jaar vir Vadersdag te gee nie, gee ons ‘n CD en DVD weg wat deel van jou Vadersdag geskenk kan word.
‘Pappas sing Lalla Land Liedjies’ bevat al tesame 17 slaaptyd liedjies wat deur Antill en sy musiek-vriende geskryf en opgeneem is. Thinus Odendaal, Gert Smit, Freddie Wessels, Mervis van der Merwe en Hennie Maritz het ook liedjies geskryf en saam met Danny opgeneem is. “Ek het self van die liedjiesgeskryf en dan op Connor getoets, asook Brahms se wiegeliedjie wat ‘n tradisionele en klassieke stuk musiek is. My vriende het toevallig ook klein babas en ek het hulle gevra om persoonlike liedjies vir hul kleintjies te skryf.”
Pappas sing… is ‘n unieke en rare nuwe album op die Suid-Afrikaanse musiek horison. Die CD bied ‘n skatkis vol strelende slaaptyd liedjies in die mooiste, mooiste Afrikaans wat geskik is vir pasgebore babas en kleintjies tot en met so vier jaar oud. Ma’s en pa’s sal die musiek saam met hulle kind geniet.

‘n Lange vergete pakkie in die pos vir Kalooslie, sit ‘n groot avontuur aan die gang vir Oom Karoolus en Lente! Wanneer die ‘kroeks’, Grootoor (Leon Ferreira) en Shorty (Steyn Fourie), ‘n geleentheid skep en met Oom Karoolus (Cor Uys) se motor wegjaag, is daar groot moeilikheid, want Lente (Letitia Uys) lê agter op die sitplek en slaap!
Lente is egter koel en kalm en verklap in haar onskuld dat sy en Oom Karoolus oppad is na sy oupa se plaas waar hulle na ‘n skat gaan soek, Met Ghapi as Piet Posman, en Bouwer Bosch as Kaptein Flits Venter van die Blue Chip Soekspan, is hierdie ‘n fliek vir die hele gesin met baie pret, spanning en ‘n groot boodskap.

So maak jy om te wen!
Vertel ons hoekom jou op pa die beste pa in die wêreld is.
Die kompetisie sluit Donderdag 12 Junie om 12:00. Die wenners sal per e-pos in kennis gestel word.
Die beslissing is finaal en geen korrespondensie sal in die verband gevoer word nie.
