EntertainmentLifestyle

Koos kom kuier

Koos van der Merwe kom weer hier in eMalahleni kuier. Na sy suksesvolle optrede hier in die stad verlede jaar het hy beloof om weer te kom kuier, en hy doen daardie belofte gestand.

Jy sal Koos dadelik herken aan die treffer ‘Houtkruis’ wat hy geskryf het. Vandag jare nadat hy dit geskryf het, word dit steeds as een van die gewildste oorspronklike geestelike liedjies beskou. Dit is al deur tale sangers opgeneem.

Koos was die hoofsanger van die groep ‘Prophet’ en hulle het al meer as 50 000 albums verkoop. Hy het ’n gawe met woorde en hy het die kuns vervolmaak om sy boodskap poëties oor te dra.

Koos van der Merwe is op 21 Augustus die gas by Bankenveld Golf Estate klubhuis.
Koos van der Merwe is op 21 Augustus die gas by Bankenveld Golf Estate klubhuis.

Sy laaste projek om Leonard Cohen se musiek in Afrikaans te vertaal was ’n reuse sukses. Hy het met pynlike presisie gewerk om dieselfde kunstige gewigtigheid van Cohen se liedjies in Afrikaans gebring. Voordat hy nog toestemming gehad het om die vertalings te gebruik, het hy die 14 liedjies op die album Leonard Cohen in Afrikaans vertaal.

Dit moes aan ’n agent voorgelê word  met die oorspronklike lirieke, die vertaling in die middel en ’n hervertaling van die Afrikaans na Engels. Hy moes motiveer hoekom sekere woorde verander of aangepas moes word.

Op die album is verskeie groot treffers, soos ‘Dance me to the end of love’ wat in Afrikaans bekend staan as ‘Dans my na die liefde toe’ en ‘Famous blue raincoat’ wat ‘Beroemde blou reënjas’ geword het.

Maak seker jy mis nie die besondere aand saam met een van ons land se mees talentvolste kunstenaars nie. Koos se optrede vind op 21 Augustus om 19:00 by Bankenveld Golf Estate klubhuis plaas.

Toegang beloop R150 per persoon.

Hierdie optrede wat hand-aan-hand saam met ’n gholfdag vroeër die dag loop, is ten bate van Kabod Huis, ’n tydelike tuiste vir weggegooide en mishandelde babas hier in eMalahleni.

Vir kaartjies en meer inligting, skakel vir Ciska Vorster: 072 698 1028.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button