EntertainmentLifestyle

Swartgoud Fees laat harte warm klop

Ga-Nala (Kriel) het die naweek uit sy nate gebars tydens die 21ste Swartgoud Fees wat daar plaasgevind het.

Vrydag 6 Junie het vertonings en pretritte vir groot vermaak gesorg  en Saterdag 7 Junie het ’n groot aantal mense die fees besoek. Die Klassieke motorskou het baie aandag geniet, so ook die audio klank-kompetisie, waar ’n paar rekords gespat het.

Suid-Afrika se enigste mobiele ‘Dyno meter’ het karre laat toustaan vir ’n toets. Hier het die manne dit geniet om te sien hoeveel perdekrag onder die enjinkap skuil.

Die  groot verskeidenheid stalletjies het talle voete gelok en die massiewe pretpark het die jong klomp besig gehou.

Ricus Nel en Dewald Wasserfall se vertoning Saterdagaand was die kersie op die koek vir ’n suksesvolle mondigwordingspartytjie.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button