Chris kleur eMalahleni in
Chris Chameleon se optrede tydens die opening van die NG Kerk Witbank-Suid se Lente Koop en Kuierfees was uit die boonste rakke.
Chris Chameleon se optrede tydens die opening van die NG Kerk Witbank-Suid se Lente Koop en Kuierfees was uit die boonste rakke.
Die sanger en verhoogpersoonlikheid, bekend vir sy vier-oktaafstem het die wat die fees op 2 September bygewoon het in die palm van sy hand gehad.
As een van die kreatiefste Afrikaanse kunstenaars slaag Chameleon sedert sy buiging as akteur in Frans Marx se ‘Sonkring’ in die vroeë negentigs steeds daarin om gehore te bekoor. Met sy eiesoortige styl, sy fyn humorsin en sy uitsonderlike talent het hy die gaste bederf met ’n optrede wat volpunte verdien.
Chris spog met ʼn indrukwekkende lys van toekennings, waaronder meer as 20 musikale toekennings en ʼn Erepenning wat deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns aan hom toegeken is vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek.































