Wen Tannie Poppie se kookboek
‘Die Chuck Norris van Suid-Afrikaanse kos’ en ‘almal se ouma’ is maar van die talle maniere waarop Tannie Poppie bekend is aan haar duisende aanhangers. Dié gewildste van al die TV-Kokkedore het nou haar eie kookboek.
‘Tannie Poppie kook’ is nie net nog ’n kookboek nie, dis ’n ode aan alle smulpape en lekkerbekke, die mense wat weet dat lekker kos nie net ’n toevallige gebeurtenis is nie. In hierdie pragstuk deel Suid-Afrika se gewildste kos-ouma al haar gunsteling versamelresepte met ons.
Die klem is op lékker kos. Die boek bied heerlike resep-idees vir liplekker hoender, brode, smaaklike poedings, lekkernye vir die teetafel en nog vele meer. Dit spog deurgaans met volkleurfoto’s van die geregte en lesers sal hul lippe aflek.
Hierdie is staatmakerresepte wat jy keer op keer sal gebruik, ideaal vir beginners in die kombuis sowel as ervare kokke.
Om een van die kookboeke te wen stuur gerus jou gunsteling Kersfees resep vir ons en vertel ons hoekom dié resep ’n wenner is.
Stuur jou resep aan zita@witbanknews.co.za. Die sluitingsdatum is Dinsdag 16 Desember om 12:00. Onthou om jou naam, van, posadres en kontaknommer ook by te sit.
Die WITBANK NUUS se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Die pryse kan nie verander, oorgedra of in kontant omgesit word nie.
WITBANK NUUS kannie verantwoordelik gehou word vir probleme en vertragings in die aflewering van die boeke nie.